Rita Li

Nuwe Enkelsnit!!

"My Eerste My Laaste"

Rita Li Musiek Instagram Image 1.jpg

Biografie

  

 

Rita Li - van plaasmeisie tot fisioterapeut en nou soveel meer

 

Net soos die meisie in Inkleurboek , Rita Li se eerste enkelsnit , ken Rita Li van plaasmeisie wees. As die oudste van drie kinders, het sy na haar geboorte op ’n kersie- en melkplaas in Clocolan in die Oos-Vrystaat groot geword, waar haar ouers nogsteeds op hul plaas Constantia boer. 

 

Rita Li is geleerd as ’n fisioterapeut en het haar suksesvolle praktyk van 10 jaar se deure in 2018 gesluit om op haar sangloopbaan te fokus. Sy vertel: “Vir ’n dekade het ek my hart en siel in my praktyk uitgestort en was so geseënd met die mense wie ek leer ken het. Dit het my ’n jaar geneem om uiteindelik oor te gee aan iemand anders omdat ek so lief geraak het vir elke pasiënt. 

 

Wat musiek betref, het Rita Li se liefde daarvoor al vroeg-vroeg begin toe sy op die ouderdom van 3 jaar met klavierlesse en dansklasse begin het. Sy het die afgelope 13 jaar meestersklasse in klassieke sang ontvang by die bekende liedjieskrywer en kabaret-kunstenaar, Gisela de Villiers.

 

Sy vertel dat beide kante van haar ma en pa se familie baie musikaal was. “My ma kon baie goed klavier speel en dans, en my pa was ’n trompetspeler vir die Vrystaatse Simfonie Orkes. Dan het ek boonop ook ’n oom wat 14 instrumente kan speel. My sussie sing ook baie mooi en kan klavier en viool speel en my boetie weer dromme en kitaar. So inderdaad - musiek is in die bloed!”

 

Rita Li is op 23 getroud met Paul Cronjé op hul eindste familieplaas en hulle is die trotse ouers van ’n pragtige twee-jarige seuntjie, Charl. 

 

Leer Rita Li beter ken

 

Rita Li beskryf haarself as propvol energie, ’n emosionele ekstrovert, avontuurlustig, “gevaarlik” positief, mal vir enige sport, familievas, diep afhanklik van God, en op die ou einde “’n plaasmeisie met groot stadsdrome”.

 

Sy beskryf haar filosofie in die lewe: “Wees nederig en luister na ander - jy gaan altyd iets leer. Moet nooit ooit opgee nie, glo heelhartig, droom groot en wees lief - onvoorwaardelik! Droom, hoop en glo…”

 

Vir Rita Li was die geleentheid om die Stem vir Suid-Afrika voor ’n paar duisend mense te sing sonder twyfel ’n hoogtepunt sover. “Ek is so trots op en lief vir ons land en dit het my hoendervleis gegee om hierdie te kon doen!

 

“My groot droom is om te sing en sing en sing - sommer op elke plek in die land. Ek sal ook deur my voorbeeld ’n goeie ambassadeur vir Suid-Afrika wil wees en daardeur ’n inspirasie vir ander wees. En natuurlik…ek moet mos eendag op die Afrikaans Is Groot se verhoog sing!”

 

Haar rolmodelle is haar ouers, oor “hulle deursettingsvermoë, hardwerkendheid en manier om nooit op te gee nie”. Haar gunsteling kunstenaars is Katherine Jenkins en Elvis Blue. Sy verduidelik: “Hy is so ongelooflik musikaal en ’n wonderlike kunstenaar wat dit so maklik laat lyk!”

 

Vyf prettige feite oor Rita Li sluit in:

*   Sy is gek oor suurwurm-lekkers!

*   Sy is ’n ewige waaghals en bang vir niks;

*   Sy is glad nie sentimenteel nie;

*   Daar is altyd ’n projek in elke afdeling van haar lewe waarmee sy besig is;

*   En wanneer sy op die verhoog is kom haar “alter-ego” uit.                                                                     

 

Rita Li sluit af: “Ek sal graag eendag onthou wil word as ’n vrou wie haar drome met alles nagejaag het en vir diegene wat in hulself twyfel ’n voorbeeld kon wees van droom, hoop, glo en doen. Ek hoop ook mense sal my onthou as ’n dinamiese dog sagte, nederige vrou wie se God, gesin en familie haar belangrikste fokus was. Ek wil iemand wees wat ander help om uit die seer van die lewe te kom en iets daadwerkliks daaraan doen om te help dat hul in hulself glo.”

 

 
 
 

Albums & Enkelsnitte

Luister/ Laai af: 
Rita Li Musiek Instagram Image 1.jpg
  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon

Foto's

IMG_5719ae.jpg
IMG_5828aae.jpg
IMG_5673aa.jpg
 

Musiek Video's

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon
 
 

Vertonings

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon
  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon
 

Nuus

Splinternuwe Enkelsnit: "My Eerste My Laaste

Rita Li Musiek Instagram Image 1.jpg
  • Grey Facebook Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey YouTube Icon

Nasionale Volksliedere: Suid-Afrika vs Argentinië

Ian Bredenkamp Media Logo.jpeg