Biografie
Rita Li - van plaasmeisie tot fisioterapeut en nou soveel meer
Net soos die meisie in Inkleurboek , Rita Li se eerste enkelsnit , ken Rita Li van plaasmeisie wees. As die oudste van drie kinders, het sy na haar geboorte op ān kersie- en melkplaas in Clocolan in die Oos-Vrystaat groot geword, waar haar ouers nogsteeds op hul plaas Constantia boer.
Rita Li is geleerd as ān fisioterapeut en het haar suksesvolle praktyk van 10 jaar se deure in 2018 gesluit om op haar sangloopbaan te fokus. Sy vertel: āVir ān dekade het ek my hart en siel in my praktyk uitgestort en was so geseĆ«nd met die mense wie ek leer ken het. Dit het my ān jaar geneem om uiteindelik oor te gee aan iemand anders omdat ek so lief geraak het vir elke pasiĆ«nt.
Wat musiek betref, het Rita Li se liefde daarvoor al vroeg-vroeg begin toe sy op die ouderdom van 3 jaar met klavierlesse en dansklasse begin het. Sy het die afgelope 13 jaar meestersklasse in klassieke sang ontvang by die bekende liedjieskrywer en kabaret-kunstenaar, Gisela de Villiers.
Sy vertel dat beide kante van haar ma en pa se familie baie musikaal was. āMy ma kon baie goed klavier speel en dans, en my pa was ān trompetspeler vir die Vrystaatse Simfonie Orkes. Dan het ek boonop ook ān oom wat 14 instrumente kan speel. My sussie sing ook baie mooi en kan klavier en viool speel en my boetie weer dromme en kitaar. So inderdaad - musiek is in die bloed!ā
Rita Li is op 23 getroud met Paul CronjĆ© op hul eindste familieplaas en hulle is die trotse ouers van ān pragtige drie-jarige seuntjie, Charl.
Leer Rita Li beter ken
Rita Li beskryf haarself as propvol energie, ān ekstrovert, avontuurlustig, āgevaarlikā positief, mal vir enige sport, familievas, diep afhanklik van God, en op die ou einde āān plaasmeisie met groot stadsdromeā.
Sy beskryf haar filosofie in die lewe: āWees nederig en luister na ander - jy gaan altyd iets leer. Moet nooit ooit opgee nie, glo heelhartig, droom groot en wees lief - onvoorwaardelik! Droom, hoop en gloā¦ā
Vir Rita Li was die geleentheid om die Stem vir Suid-Afrika voor ān paar duisend mense te sing sonder twyfel ān hoogtepunt sover en natuurlik om te kan werk met die Coleske groep! āEk is so trots op en lief vir ons land en dit het my hoendervleis gegee om hierdie te kon doen!
āMy groot droom is om te sing en sing en sing - sommer op elke plek in die land. Ek sal ook deur my voorbeeld ān goeie ambassadeur vir Suid-Afrika wil wees en daardeur ān inspirasie vir ander wees. En natuurlik ...wil ek graag op Afrikaans Is Groot se verhoog sing!ā
Haar rolmodelle is haar ouers en man, oor āhulle deursettingsvermoĆ«, hardwerkendheid en manier om nooit op te gee nieā. Haar gunsteling kunstenaars is Katherine Jenkins en Elvis Blue. Sy verduidelik: āHy is so ongelooflik musikaal en ān wonderlike kunstenaar wat dit so maklik laat lyk!ā
Vyf prettige feite oor Rita Li sluit in:
* Sy is gek oor suurwurm-lekkers!
* Sy is ān waaghals en bang vir niks;
* Sy is glad nie sentimenteel nie - sy gou graag uit;
* Daar is altyd ān projek in elke afdeling van haar lewe waarmee sy besig is;
* En wanneer sy op die verhoog is kom haar āalter-egoā uit.
Rita Li sluit af: āEk sal graag eendag onthou wil word as ān vrou wie haar drome met alles nagejaag het en vir diegene wat in hulself twyfel ān voorbeeld kon wees van droom, hoop, glo en doen. Ek hoop ook mense sal my onthou as ān dinamiese dog sagte, nederige vrou wie se God, gesin en familie haar belangrikste fokus was. Ek wil iemand wees wat ander help om uit die seer van die lewe te kom en iets daadwerkliks daaraan doen om te help dat hul in hulself glo.ā
ā